
Die direksie wil hiermee graag ‘n hartllike uitnodiging rig aan elke ouer wat al bekommernis gehad het oor naskool toesig en naskool aktiwiteitsbestuur.
Hierdie prospektus omskryf kortliks die etos en werkswyse van Praktica leersentrum vir voornemende en bestaande ouers van die sentrum.
Ons leersentrum is sentraal gelee in Rustenburg en sy deure die eerste keer oopgemaak vir die publiek in Julie 2015. Die visie van die leersentrum was om ondersteuning te bied aan ouers en kinders wat die behoefte verstaan van na skoolse toesig en beheer.
Die leer sentrum bied gehalte naskoolse onderrig met toegewyde personeel in graadverband. Beperkte klas groottes verseker individuele aandag.
Praktica Leer Sentrum moedig selfwerksaamheid aan met ‘n ondersteunings struktuur vir areas waar hulp benodig word.
Skakel gerus met die leer sentrum bestuur of direksie as u enige verdere inligting verlang of aansoek wil doen vir toelating.
Direkteure: Anele Janse van Rensburg / Carlene Tinderholm
Praktica Leer Sentrum streef daarna om leerders te ontwikkel tot elke leerder se individuele potensiaal. Leerders se totaliteit word ontwikkel in ‘n Christelike waarde sisteem gegrond op kwaliteit nasorg, selfdissipline en wedersydse respek.
Die leer sentrum se taak is om saam met onderwyservenote
Praktica Leer Sentrum is ‘n onafhanklike sentrum met die volgende kenmerkende eienskappe:
Gevestig: Die leer sentrum bestaan uit Graad R tot Graad 8. Ons sentrum besit sy eie terrein en het reeds ‘n gevestigde infrastruktuur.
Selfstanding: Voordurende uitbou en verbetering van fasiliteite is ons strewe.
Toeganklik: Praktica Leer Sentrum is geleë op die hoek van Unie en Piet Grobler straat (agter Vastrap Laerskool).
Bekostigbaar: Tariewe word so laag as moontlik gehou sonder om die selfstandige voortbestaan van die sentrum in gedrang te bring.
Fasiliteite: Huislike omgewing en ruim groen terrein. Sandput, bordspeletjies en projektor om lang ure korter te maak. Gr R tot Gr 3 (Junior) en Gr 4 tot Gr 8 (Seniors) word in 2 groepe verdeel om sodoende beter beheer en toesig te verseker.
Ons dien die Afrikaanse en Engelse gemeenskap en fokus daarop om kinders die geleentheid te gee om sy volle potensiaal te bereik.
Met ons huislike omgewing en ruim groen terrein streef ons daarna om elke leerder tuis en veilig te laat voel.
Indien u ons grondslag, ons strewes en oogmerke onderskryf, nooi ons u vriendelik uit om by ons aan te sluit ter wille van u kinder se opvoeding.
Praktica Leer Sentrum kommunikeer graag op ‘n kwartaallikse basis deur middel van ‘n nuusbrief.
Ons maak ook gebruik van ‘n funksionerede “whatsapp” groepie om daaglikse aktiwiteite en reëlings aan bestuur deur te gee en te koördineer.
‘n Sagteware pakket word gebruik vir die uitstuur van rekening asook groep "sms" kommunikasie soos benodig.
Tel: 014 592 0073
Sel: 083 455 9564 | 084 515 7003
E-pos: navrae@praktica.co.za
Adres: 31 Piet Grobler Straat | Rustenburg | 0299